Steve Hofmeyr: Curriebeker, Dan Brown, Irene en die einde van Glitterati-babbel, hie-hie. Is Jesus 'n Bloubul?

Ek is hierdie week by Emperors met van die laaste Solitary Man konserte in Gauteng. Kom kuier vir ‘n dop, dobbel en ‘n Diamond song. Saterdagaand, na die Bloubuloorwinning, gaan veral pret wees. Sien jou?
*
My nuwe CD genaamd 1001 sal teen April 2010 reg wees. Ek is die 1 in 1001 en die ander is eenduisend stemme van seuns uit verskeie skole, wat in die koor gedeeltes lostrek. Gaan mooi wees. Ek skryf 13 liedjies terwyl die ander drie reeds bekend is.
*

Om Huisgenoot en Esmare se moedswillige geKurtery te oorleef is eintlik maklik. Probeer dit gerus. Kyk of jy uit eie houtjie Esmare se tydskriffie kan ignoreer. Vir my kom dit al so maklik soos chappies kou. As dit moeilik gaan, doen die volgende. Lees dit in die rak, maar moet dit nie koop nie. As selfs dit teen die beginsels van retail-therapy indruis, koop dan iets, maar kies enige ander tydskrif. Sarie en Rooi Rose is byvoorbeeld classier.En as jy reg is omjouself te onderskei van die massas, koop De Kat of Bravo. Maar ek spandeer my leesgeldjies deesdae op spesialiteits mags soos T3 (gadgets), CM (rekenaarmusiek), Uncut (rockmusiek), Writer (vir skrywers), Philosophy Now (bla-bla), Time (wêreldnuus), Men’s Health (om te kyk hoe ander draf), GQ (manne dinge) en The Africa Report (vir die nodige kopseer) – dit alles omdat die mense in Huisgenoot se k*k stories my dom wil hou. Aikona. Laat weet as jy dit regkry, dan laat weet ek jou wat jy alles met daardie R600/jaar kan koop.
*
Ag, sê tog julle het my roos op Tuine&Tossels; gesien.Ek weet ek hou die bos vas soos 'n lomp monnik met 'n Playboy magazine, maar ek raak nog gewoond aan die vrou in my. Die sagte Steve. Dit gaan tyd vat. Pretty, ne?
*
Gepraat van lees...


Ek roem myself daarop dat ek moontlik een van min lesers gaan wees wat Richard Dawkins (The Greatest Show on Earth) ná Dan Brown (The Lost Symbol) lees - en geniet! Laasgenoemde vra oudergewoonte tamaai geloofspronge wat yslike spasie los vir conspiracy theory (sameswering), soos geloof en die mistieke maar doen. Dit, gevolg deur die wetenskaplike Richard Dawkins se koue realiteite oor ons planeet, maak jou brein weer wyd links omkeer. Dis sy kilheid wat jou Dan Brown enigiets vergewe, maar uiteindelik ek het beide menere in my lewe bitter nodig. Die wereld van moontlikhede gevolg deur die kil handikep van realiteit. Lekker, ne. Onder conspiracy theory reken ek in sommer elke gesonde verbeelding wat deur misterie geprikkel word.Myne en joune, veral. Maar ek reken ook in die risiko van
1.
*gode wat aan gelowiges fluister om met stralers in geboue vas te vlieg,
*gode wat jou ander sterflinge maak haat,
*gode wat jou uitsonder as 'uitverkorene'
*en gode wie jy bedank vir jou driee en oorwinnings.
*
Toe iemand nou die aand sê die Bloubulle is geseën,het hy applous ontvang. Maar dit bly ‘n uitverkorenheid wat hom
voordoen as ‘n nederigheid. My opinie. Nee,ek dink ook nie Jesus is aan Luke Watson se kant nie,maar as Supersport wegsny na die pawiljoen toe, verwag ek ook nie om Jesus te sien met ‘n bloutrui aan nie, allermins singend, halfpad deur die 1ste vers van Die Bloubul. As ons net dit eers kan uitklaar, gee ek nie om wat ons met ons gode doen nie of wat ons ons gode namens ons maak doen nie.
*
Okei, my voorspelling vir Saterdag: Cheetah’s 18 – 32 Bloubulle. Miskien is ek optimisties, want die Bulle het eenvoudig nie ‘n teenvoeter vir die kamikazistyl van die piesangboere nie. Maar ek het vandag met Wynie gesels en hy sê hy staan op Loftus en hy “like” wat hy sien. Fantasties. Dan sien ek julle Saterdag daar waneer ek die Bloubul sing.
*

Vibreer (my ode aan vet mense) en Krismis Is Klaar is twee nuwe liedjies wat op die DIS HOE DIT IS CD verskyn. Kyk daarvoor hierdie Kersfees: ‘n lekker dubbel CD met 35 van die kunstenaars wat jy al op DIS HOE DIT IS gesien het oor die afgelope 10 jaar.
Kyk ook uit hierdie Krismis vir my en Patrizio se weergawe van LIEFLING, en hoor hy die Italian Stallion oorslaan na Afrikaans in die derde vers.
Diplomatiese betrekkinge kry ‘n hupstoot.
*
Dagvaardigings van miljoene rande land toe gisteroggend op Yolanda Barnard se drumpel. Sy kan myne ook eersdaags verwags. Sien dit as affirmatiewe korrespondensie, bitch. Intussen het Bosparra (onthou julle hom?) en Peet Viljoen (my oud-prokureur) hulself ook lekker vasgeloop teen die gereg en die noodlot. Sien, daar is ‘n god. En Hy slaap nie.
*
Tragies dat Glitterati se bekkies ook hul gat gesien het. Wat gaan ek nou doen oor naweke? Ja-nee, as niemand meer kyk nie, het slim uiteindelik sy baas gevang. Soos Deon Maas se Saterdagnag voor dit. Soos ek voorspel het. Dis rerig hoogtyd. Vat die hele program af, asseblief. Totsiens Doreen, totsiens daai dom aanbieder en koebaai die nimlike skindertonge. Mag julle soos Maas nooit weer werk kry nie en mag die beledigings en pyn wat julle ander gebring het, julle driedubbel besoek. Dit sal. Ek gee jou ‘n brief.
*

Alhoewel Irene my soos haar troetelvark (op einste Glitterati) behandel het, is haar dood vir my steeds onwerklik. Ek was nie lus vir die mediasirkus en afshowery van celeb-begrafnisse nie, maar het op my eie ‘n kersie opgesteek vir iemand wat andersins baie spesiaal in my lewe was. Ons het laas saam gesing op die Kristofferson DVD (foto links).
*
Is ek die enigste ou wat kots elke keer as Julius Malema sy groot bek rek?

Ek is so bly Zuma het Julius uitgewys as toekomstige ANC leier, want ek wil weet:
1. WIE om te dagvaar na die 2020 Waarheidskommissie,
2. WIE verskoning gaan kom maak vir sy voorgangers se bitter tragiese pogings om ‘n mooi land met ‘n sterk infrastruktuur neus eerste die afgrond in te jaag.
3. WIE namens hulle gaan verskoning kom maak vir korrupsie wat die Cosa Nostra laat bloos met moord en lewensverlies wat oorloë in Irak en Afganistan soos die Tinkerbell-ride op Disneyland laat lyk.
4. Ek het gestem vir die nuwe Suid Afrika om ontslae te raak van magsbehepte f*kkers soos Julius Malema en hier’s hulle weer. As jy in 1990 reeds nege jaar oud was is jy te jonk om die pyn van ware stryders te verteenwoordig en gans te oud om die ANC jeugliga te lei. Julius is ons eerste neo-Apartheid Generaal want versoening is onder op sy lys van toekomsplanne. Ees going to bee a bumpee road.
*
Die Reitz-vier geding het boggerol met rassisme te doen. Wit mense word ook ontgroen. Die universiteit (en die ANC) kruip weg agter rassisme as verskoning vir die patetiese ontgroeningsbeleid wat lankal mee weggedoen moes word. Dit gee dronk adollesente mag en vryeteuels oor jong mense in hul vormingsjare. Ek het dit altyd gehaat en ook geweier om dit te beoefen toe ek in matriek en ‘n senior op Technikon was. Daarbenewens het ek nog nooit een enkele goeie rede daarvoor gehoor nie behalwe om die oerimpuls van boelie te bevredig. Prof. Jansen, jy't groot ballas.
* My tweede gunsteling digbundel van 2009 het die Ingrid Jonkerprys gewen.

Loftus Marais se debuutbundel “Staan in die algemeen nader aan vensters” (links) breek met die tradisie maar bly ‘n ryk ondervinding. Maar dis die groter eenvoud van Johannes Prins wat my stilmaal terwyl ek “Een Hart” (regs) lees. Ook ‘n debuutbundel. Skitterend. Ons poesie is in goeie hande. Die jeug is wakker. Damn, mis ek die Huisgenoot nou...
*
Jy reg vir Krismis? Goeie en geseende Kerswense van my en die dames in die kantoor.
Steve ;-)

