News Feed

Charlenè Brouwer is 'n ambasadeur vir The Teddy Bear Clinic South Africa. Hulle hou eerskomende Donderdag 'n spesiale gratis vertoning van Dis ek, Anna by Hogan Lovells prokureurs in Sandton in Johannesburg waartydens daar ook 'n veiling ten bate van die kliniek en kinders wat deur seksuele teistering ge-afekteer word sal wees.

Hier is meer inligting:

Movie night at Hogan Lovells: Dis ek, Anna

...

The Pro Bono team is hosting a fun filled movie night to raise funds for The Teddy Bear Clinic. The movie called Dis ek, Anna will be shown at our premises on 26 May 2016. The leading actress and the some of the cast and crew of the movie will come for the screening. The movie will be followed by an auction and sale of collector bears from RUSS, TY, Hamleys etc.

Date: 26 May 2016
Time: 18h00 for 18h30
Venue: The auditorium

Information about the movie

Dis ek, Anna is a 2015 South African (Afrikaans) drama based on the two top selling novels by Anchien Troksie (writing as Elbie Lotter). Set in modern day South Africa, it tells the story of Anna Bruwer who avenges the years of abuse suffered at the hands of her step-father and the court case that ensues. The movie has won 6 SAFTAs (South African Film and Television Awards), including Best Film and Best Director.

Vir inligting en om te bespreek, stuur asseblief 'n e-pos na die volgende adres: candice.pillay@hoganlovells.com

See More

DIS EK, ANNA - Winner of 6 SAFTAs (South African Film and Television Awards), including Best Film and Best Director is screening in Amsterdam tonight at the Compagnietheater and in Vancouver as part of the Vancouver South African Film Festival tomorrow. If you have friends or family in one of the two cities, let them know and let them experience this benchmark in South African cinema... ‪#‎disekanna‬ ‪#‎international‬

Dis ek, Anna - Film updated their cover photo.
Dis ek, Anna - Film's photo.

Ons is baie trots om te kan aankondig dat ons 6 uit ons 8 nominasies by vanjaar se Suid Afrikaanse Film en Televisie Toekennings gewen het. Dit sluit in, Beste Draaiboek, Beste Grimering en Hare, Beste Produksie Ontwerp, Beste Ondersteunende Akteur (Marius Weyers), Beste Regisseur (Sara Blecher) en dan die grootste een van die aand, Beste Film! Baie dankie vir almal se ondersteuning en liefde. Ons waardeer dit en sien uit daarna om in die toekoms nog films van hoogstaande gehalte te kan vervaardig en uitreik! ‪#‎SAFTAs10‬ ‪#‎disekannafilm‬

Ons is baie trots om gister aand op die eerste aand van die Suid Afrikaanse Film en Televisie Toekennings reeds 3 pryse te kon inpalm. Tertius Kapp vir Beste Draaiboek, Julia Rubinstein vir Beste Hare en Grimering en Chris Joubert vir Beste Produksie Ontwerp. Môre aand is daar nog 'n paar benoemings, so hou vir ons duim vas. ‪#‎baietrots‬ ‪#‎disekannafilm‬ ‪#‎SAFTAS10‬

Hierdie goeie plaaslike film begin Vrydag te draai in teaters landswyd. Dis 'n puik vervaardigde film wat dit waartoe ons in Afrikaans instaat is uitdaag en verskuif. Maak 'n plan om dit te sien en maak seker dat ons meer en meer films van hierdie gehalte en kwaliteit kan vervaardig. ‪#‎sinkfilm‬ ‪#‎ondersteungoeieplaaslikefilms‬

https://www.facebook.com/story.php…

'n Oomblik kan alles verander...

Sometimes the things we cannot change, change us.

Ons het pas gehoor dat 'Dis ek, Anna' in die volgende 6 kategoriëe genomineer is by RapidLion - The South African International Film Festival - wat van 12 tot 19 Maart by die Markteater in Johannesburg plaasvind.

Music (Original Song)
Film Editing (Nick Costaras)
Cinematography (Jonathan Kovel)...
Best Actress in a Leading Role (Charlene Brouwer)
Best Humanitarian Film
Best of South Africa

Baie geluk aan almal betrokke vir hul harde werk!

‪#‎disekannafilm‬

See More

Ons is trots om as nommer een gelys te kan wees op Leon van Nierop se lys van beste Afrikaanse films van alle tye. Die lys en vele wonderlike stories en staaltjies oor die kleurryke geskiedenis van Afrikaanse films verskyn in sy nuwe boek, Daar doer in fliek. Dankie, Leon! ‪#‎disekannafilm‬ ‪#‎daardoerindiefliek‬ ‪#‎trots‬

Dis ek, Anna - Film's photo.

Ons hoor die DVD is reeds uit by sekere Musica winkels en ook by sekere videowinkels. Kyk asb uit daarvoor en laat weet ons wat julle van die film dink.
Dankie!
‪#‎disekannafilm‬

Baie trots om te kan aankondig dat Dis ek, Anna in 8 kategoriëe vir die 2016 South African Film and Television Awards genomineer is!!!
Baie dankie vir almal se ondersteuning en baie geluk vir almal wat nominasies ontvang het! Op DSTV Box Office en DVD 26 Februarie 2016...
‪#‎SAFTAS10‬ ‪#‎disekannafilm‬

Dis ek, Anna - Film updated their cover photo.

Ons is bly om te kan aankondig dat die DVD vir Dis ek, Anna op 26 Februarie uitgereik word en dat die film ook van daardie datum op Box Office op DSTV te sien sal wees. Daar volg ook binnekort opwindende nuus oor waar mense in die buiteland moontlik binnekort die film te sien sal kan kry. ‪#‎disekannafilm‬

'Ons is bly om te kan aankondig dat die DVD vir Dis ek, Anna op 26 Februarie uitgereik word en dat die film ook van daardie datum op Box Office op DSTV te sien sal wees. Daar volg ook binnekort opwindende nuus oor waar mense in die buiteland moontlik binnekort die film te sien sal kan kry. #disekannafilm'

Baie trots op Charlenè Brouwer wat Februarie maand se voorblad meisie vir Rooi Rose is... Kyk ook uit vir Dis ek, Anna se dvd teen einde Februarie!
https://www.facebook.com/rooirose/posts/10153488115934825:0

rooi rose's photo.
rooi rose

Ons voorbladvrou vir Februarie is die pragtige aktrise Charlenè Brouwer van Dis ek, Anna - Film! Kry jou uitgawe, van Maandag af op die rakke. Daar is ook 'n verrassing wat saam met die tydskrif kom ...

So kom ons tyd in Suid Afrikaanse teaters uiteindelik na ses uiters suksesvolle weke tot 'n einde en ons wil baie dankie sê vir almal wat ons so ondersteun het! As laaste guns wil ons graag vra dat as jy die film gesien het, jy asb op die skakel hier onder moet kliek en vir ons op die bladsy jou persoonlike punt uit 10 gee... Dit sal ons baie help met die oorsese filmfeeste en verspreiding waarmee ons tans besig is om so veel moontlik mense se stemme daar te kry. Baie dankie, ons waardeer dit!
http://m.imdb.com/title/tt4417520/

Congratulations to our director of photography, Jonathan Kovel (pictured on the left) on being part of the winning team that just won Best Documentary at the 2015 International Emmy's in New York for their film, Miners Shot Down. We are proud of you and proudly South African! ‪#‎internationalemmys‬ ‪#‎minershotdown‬ ‪#‎proudlysouthafrican‬

Dis ek, Anna - Film's photo.

Hierdie is moontlik die laaste week waar jy nog Dis ek, Anna op die groot skerm sal kan sien in al die groot sentrums aangesien Hunger Games wat die afgelope naweek begin het en James Bond wat die komende naweek begin baie van die skerms landswyd gaan opneem. As jy dus nog nie Anna gaan kyk het nie, maak 'n plan. Die film sal seker dan in Januarie/Februarie 2016 op DSTV Box Office wees voor die DVD dan op 26 Februarie 2016 vrygestel word! Dankie vir almal se ondersteuning oor die afgelope paar weke. Ons is bitter dankbaar en waardeer dit ongelooflik baie! ‪#‎disekannafilm‬

Kyk wat sê een van die groot geeste van Afrikaanse films... ‪#‎disekannafilm‬

Piet de Jager to Dis ek, Anna - Film

Asseblief ouens, gaan kyk hierdie film op die grootskerm!!! Dis `n meesterstuk en sonder ons heftige ondersteuning gaan sulke waardevolle dramas uiteindelik van... die silwerskerm verdwyn. Geluk weereens aan Niel, Sara en almal wat hierdie wonderwerk tot sy reg laat kom het. Stem nog steeds nie met die ouderdomsbeperking saam nie! Dis `n opvoedkundige werk wat deur alle kwesbare kinders gesien moet word. Liefde. Piet en Luitha.

See More

Dis ek, Anna wys nog by byna 30 teaters hierdie naweek, so as jy al die film gesien het, neem jou vriend of vriendin wat nog nie het nie en laat hulle dit gaan kyk en dan gaan kyk jy self na nog 'n skitterende Suid Afrikaanse produksie wat môre open genaamd 'n Man soos my pa. Dan wanneer jy en jou vriend of vriendin na die tyd 'n koffietjie nuttig sal jy hulle vertel hoe goed dit was en hulle kan dan volgende week weer 'n ander vriend of vriendin saam neem om dit saam met hulle te kyk. Die kringloop moet net aanhou en op hierdie manier word plaaslik vervaardigde films ondersteun op die vlak hoe dit verdien word om ge-ondersteun te word... ‪#‎disekanna‬ ‪#‎mansoosmypa‬ ‪#‎ondersteunplaaslikefilms‬

Dis ek, Anna - Film's photo.

Dis ek, Anna is tot Donderdag nog in meeste teaters te sien. Indien jy dit nog nie gekyk het nie, maak asseblief 'n plan en gaan kyk dit... Ons waardeer almal se ondersteuning wat ons vir 'n volle 4 weke in al ons teaters gehou het! Baie dankie!!! ‪#‎disekannafilm‬ ‪#‎dankie‬

Kyk vanaand 18:30 op VIA, die splinternuwe Afrikaanse kanaal op DSTV kanaal 147 na 'Halfuur met Hanlie' waarin die legendariese joernalis Hanlie Retief met vervaardiger Niel van Deventer en mede-vervaardiger en 'lead' aktrise, Charlene Brouwer gesels oor Dis ek, Anna... Die film draai steeds landswyd en die reaksie is steeds puik, so as jy iemand ken wat dit nog nie gesien het nie, moedig hulle asseblief aan om so te maak. ‪#‎disekannafilm‬ ‪#‎VIA‬ ‪#‎DSTV147‬ ‪#‎halfuurmethanlie‬

Hanlie Retief Gesels Met's photo.
Hanlie Retief Gesels Met

Vanaand in 'n Halfuur met Hanlie om 18:30 op via ( DStv VIA kanaal 147). 'n GROOT dankie aan Charlenè Brouwer en Niel van Deventer.
Hulle gesels oor hul wenfliek Dis ek, Anna - Film.
Media24 Film industry

Baie dankie vir hierdie pragtige terugvoer, Jaco Spies! ‪#‎disekannafilm‬

Jaco Spies to Dis ek, Anna - Film

Dankie vir 'n absolute meesterstuk. Sara se werk is uitstekend en die rolverdeling puik. Marius Weyers het vir Charlene goed bygestaan en hy bring 'n opregtheid..., 'n tipe vaderlike deernis, veral hier aan die einde.

Ek is 'n boorling van Bloemfontein en het die toneel op Naval Hill baie waardeer - waar Charlene se karakter verwys na die 'mooi' van die uitsig - ons almal kan daarmee identifiseer, ongeag ons stories.

Ek het geweet waarvoor ek my inlaat toe ek die kaartjie vir die film gaan koop en op my eie in die teater sit saam 'n paar ander oues. Nou-en-dan het ons saam-saam gesnik, maar ek het nie geweet dat julle my so vriendelik gaan verras met 'n temalied soos dié van Jan Blohm nie. Breyten Se Brief is poëties.

Dit is só gepas en só 'n tipe narsing of glasie Oros tydens hierdie reuse dors, hierdie trauma en leed wat ons saam met Anna deurwerk.

Ek vertrou dat hierdie projek 'n voorbeeld is van waarheen Afrikaanse film oppad is en dat dit sommer soos 'n Roepman (onverskoning vir die vergelyking), die konserwatiewe kyker aan die bek sal ruk rakende kwessies wat werklik die pen-en-papier en oggendprogram werd is.

Ek hou graag die internasionale kritici se skrywes dop.

Welgedaan,

Jaco Spies
Bloemfontein

See More